XN--B1AAIA3A7D.XN--P1AI

Anton F. Prinsloo 'n Dief aan die kers - Skelm woorde deur die eeue


"Hierdie splinternuwe boek deur dr. Anton F. Prinsloo beskryf hoe die oorspronklike betekenisse van ongeveer 1 000 Afrikaanse woorde metterjare só verander het dat die betekenisse wat ons vandag ken, byna hoegenaamd nie sin maak nie.
So byvoorbeeld het die woord «ambisie» eeue gelede niks met ’n sterk strewe na sukses en vooruitgang te doen gehad nie. As iemand in daardie eeue ambisie gehad het, het dié persoon soos ’n bedelaar van huis tot huis geloop. En die betekenis van die Nederlandse «dyk» was toentertyd allermins dié van 'n “hoë wal by die see om water uit te hou”. Die woord het juis nie na die wal vewys nie, maar na die sloot wat gegrawe is om grond te kry om die wal, wat die land teen die see moes beskerm, mee te bou.
As ons vandag van ’n «kandidaat» praat, sou ons nie dink dat dit iemand is wat ’n verpligte wit rok sou moes aanhê nie. En die klein, kruipende diertjie wat ons 'n «wurm» noem, kon toentertyd na ’n maaier, slang, skerpioen of draak verwys het. Ligte, prettige leesstof.
Dié boek verskil van ’n tradisionele boek oor die herkoms van woorde (die etimologie) deurdat dit net woorde behandel waarvan die betekenis erg prettig (en skelm) deur die tyd skeefgetrek is. "

1037.37 RUR

/ / похожие

Подробнее

Anton F. Prinsloo Bygelowe en waar hulle vandaan kom


Het jy geweet dat die titel Macbeth van Shakespeare nie in ‘n teater in die Verenigde Koninkryk genoem word nie? Dit sal ongeluk oor die opvoering bring. Daarom staan dié klassieke werk dáár as die Skotse Drama bekend.
Weet jy dat geboue in Oos-Asië glad nie ‘n vierde verdieping het nie, en dat geboue in Hong Kong geen verdieping met ‘n syfer vier daarin het nie. Verdieping 4, 14, 24, 34 en 40 tot 49 ontbreek in dié wolkekrabbers. Baie mense in China, Korea en Japan ly aan tetrafobie en het ‘n vrees vir die syfer vier. Dit bring onheil, glo hulle.
Waarom word groen nie in Franse teaters gebruik nie en violet nie in Italiaanse teaters nie? Want daar bestaan verskeie bygelowe hieroor wat van kultuur tot kultuur verskil. En boonop kan ‘n bygeloof in een kultuur, ‘n volksgeloof in ‘n ander wees.
Net soos in dr. Anton Prinsloo se Spreekwoorde en waar hulle vandaan kom vertel hy die leser in Bygelowe en waar hulle vandaan kom van ’n duisternis bygelowe wat wêreldwyd bestaan, en werp hy soms ook lig oor die herkoms daarvan.
Dié naslaanbron is die eerste omvattende Afrikaanse woordeboek oor bygelowe wat in Suid-Afrika verskyn.

1333.76 RUR

/ / похожие

Подробнее

Louise Prinsloo Gedaantes en Geraamtes-omnibus 3


Die derde omnibus in Louise Prinsloo se gewilde spookstories in die Gedaantes en Geraamtes-reeks. Die titels in hierdie omnibus is: Spookhuis by die see, Skimme van gister en Duiwel-in-die-bos – lg. ’n splinternuwe verhaal wat nog nie voorheen verskyn het nie. Die teks van die eerste twee stories is ten volle hersien en lesers behoort van nuuts af aan die drie vriende, Wikus, Karel en Giepie se lekker grillerige spookavonture te geniet

740.98 RUR

/ / похожие

Подробнее

Susanna M. Lingua Son op die horison


Sy lippe eis hare op in ’n soen wat haar hoog op die wolke deur die lug laat sweef. Verena gee haar volkome oor aan die oomblik. Maar die wete dat sy nooit weer sy stem sal hoor nie, ruk soos ’n tornado aan haar hart. As sy tog maar net weer kan sien . . . Want ’n man kan die stem van ’n engel hê en nogtans ’n duiwel wees. Hoe kan sy die hooghartige, ongeduldige, onweerstaanbare Duarte, hertog van San di Rago, peil of vertrou terwyl sy in ’n stikduister doolhof rondtas?

368.47 RUR

/ / похожие

Подробнее

Nathan Trantraal Chokers en survivors


’n Oorrompelende debuutbundel wat stem gee aan die lewe in en om die Kaapse vlakte. Geskryf in die taal eie aan die gebied, hanteer die skrywer die alledaagse lewe op die Kaapse vlakte met kragtige verse wat die leser laat huiwer tussen lag en huil.

1037.37 RUR

/ / похожие

Подробнее

Marlene van Niekerk Die sneeuslaper


Hoe ontstaan stories, en waarom? Dít is die vrae wat die skeppende skrywer besig hou. Wat is die voorwaarde vir die skryf van fiksie? Nood, dwang, ’n luisteraar, ’n geleentheid, ’n retoriek. In Die sneeuslaper word die betekenis van die vertelkuns op magiese wyse deur vier verweefde verhale oor vriendskap vergestalt. Dit is die aanvanklike gebrek aan begrip vir ’n vriend of medemens wat aangrypend deur die spreker in elke verhaal onthul word (nie sonder humor nie), en wat uiteindelik ’n loutering teweegbring – in verteller én leser.“Die swanefluisteraar – ’n intreerede”: ’n Dosent in kreatiewe skryfwerk kom haar moses teë in ’n buitengewone student (“van wie ek alles geleer het wat ’n skrywer moet wéés …”).“Die slagwerker – ’n grafrede”: Die aard van vriendskap ontvou wanneer die vriend van ’n gestorwe outeur roubeklaers toespreek op sy begrafnis. “Die sneeuslaper – ’n veldwerkverslag”: ’n Veldwerker wat meedoen aan ’n ondersoek na haweloses misreken haar met ’n wel ter tale boemelaar. (“Ek sal my sneeustorie mooi vir u verpak. Die verpakking is alles, nie waar nie?”)“Die vriend – ’n lesing”: Die vriendin van ’n fotograaf bely haar skuld aan die tragiese verloop van hulle verhouding. (“Dit was ek wat moes oopgaan…”)Hierdie eksentrieke karakters is almal alter ego’s saamgebind in ’n strange loop wat ook die leser intrek in sy kinkels.

1185.57 RUR

/ / похожие

Подробнее

Audrey Blignault Die plesierboom


Elke dag se ervarings in die lewe van ’n gewone huisvrou, dit is die boustof van hierdie essays. Maar soos die storiekoning van ouds die dinge wat hy aanraak in goud kon verander, so het Audrey Blignault die slag om uit die eenvoudige belewenisse van ’n huisvrou glansende avonture en kosbare kleinode van die gees op te tower. Hierdie slag het sy te danke nie alleen aan haar fyn oor en oog (’n oog met ’n stout vonkeling daarin!), haar deernis vir die ewenaaste, haar vermoë om dieper as die oppervlak en die onmiddellike te kyk, haar sin vir die komiese, haar breë leeservaring en haar vaardigheid met ’n woord nie, maar veral ook aan haar opregte lewensvreugde en die vaste geloof dat die lewe ’n rosekrans van blye dae is. Soos dit ’n mens plesier gee om te sien hoe ’n goeie vakman sy gereedskap netjies en sekuur maar met gemak hanteer, so gee dit ’n mens plesier om te sien met watter vaardigheid hierdie skryfster met woorde kan werk en die juiste woord op die regte plek kan gebruik. Daarby weet sy ook hoe om haar grondige kennis van die beroemde woorde van ander – uit die wêreld-letterkunde en die poësie van die Bybel – te laat aansluit en sonder pretensie daaruit aan te haal en toe te pas. Dit herinner my aan Salomo se “goue appels en silwerborde, so is ’n word op sy tyd gespreek”. Alba Bouwer

963.27 RUR

/ / похожие

Подробнее

Derick van der Walt Bambaduze


Wanneer woorde nie werk nie, moet jy 'n ander manier vind om jou stem te laat hoor. “’n Paar blokke noord van die Rosebank-sentrum sien hy blou ligte flikker. Seker ’n motorongeluk. Hy pluk hom altyd vir mense wat nie kan bestuur as daar ’n paar druppels reën val nie. Ry mekaar moer toe. Die gedagte aan polisie maak hom dadelik behoedsaam. Kophou, mater, sê hy vir homself. Jy ry net mooi by die spul verby. Jy kyk nie links nie, jy kyk nie regs nie. Dis nie jou issue nie. Die arme mense wat mekaar gehaak het, dis húlle issue. Niemand sal eers in jou rigting kyk nie. Dan sien hy dis ’n padblokkade en sy lyf word koud. Hy bestuur die kar sonder 'n lisensie en ’n sleutel in die aansitter. Hy begin sweet, al is dit koel ná die reën. Uit die hoek van sy oog sien hy een van die polisievroue aangestap kom. ’n Paar meter verder het ’n verkeerslig skielik die gees gegee. Dit het pas nog gewerk. Dis net die geel lig wat aan is. Dit flikker oor die naderende polisievrou, aan en af, aan en af.” Bambaduze is Derick van der Walt, skrywer van die topverkoper Lien se lankstaanskoene, se vierde jeugroman. Dit verwoord ’n seun se uiting van verlies, maar ook die verligting wat aanvaarding kan bring en is uiteindelik ’n besonderse, inspirerende storie oor die heelwordproses ná trauma.

815.08 RUR

/ / похожие

Подробнее

Leon van Nierop Adrenalien


Angs en adrenalien het die demone in Gustaf Prinsloo se onderbewussyn gevoed, hom laat skryf. Toe droog dit op en hy begin aan onttrekkingsimptome ly. ’n Kans om sy roman as rolprent te verwerk dwing hom tot afsondering in ’n huis in ’n godverlate deel van die Bosveld, met net sy verbeelding en ’n mooi rolprent-vervaardiger as geselskap. Hy raak bewus van ’n “derde dimensie”. Nou is die heerlike, verslawende angs terug en kan hy weer skryf. Dan kom hy agter dat die draaiboek ’n nuwe drif in hom laat opkook. Wanneer sy voormalige vrou egter onverwags opdaag, dwing sy die werklikheid in gruwelike en onvervalste gedaante aan hom op. En maak sy ’n nuwe monster wakker . . . Twintig jaar ná die verskyning van Adrenalien besoek Leon van Nierop dié roman opnuut . . . en kom Die Waarheid eindelik aan die lig. Want Gustaf besef dat hy sy eie verhaal nooit behoorlik verstaan het nie – en bowenal dat hy nie alléén kan skryf nie.

1185.57 RUR

/ / похожие

Подробнее

Christine Barkhuizen-le Roux My naam is Prins, ek slaap met die lig aan


Corinne Prinsloo, ’n kliniese sielkundige, se huwelik is nie meer wat dit eens was nie. Dis asof haar domineeman, Frank, wegkruip in sy studeerkamer, en saans al hoe vroeër die whiskeybottel nadertrek. Die liefdevolle saamwees van vroeër het verander in ’n versigtige eierdans rondom mekaar. Wanneer Deon, 'n oudpasiënt, haar nader om saam met hom ’n pelgrimstog te onderneem na die dorp van sy kinderjare, word Corinne voor ’n belangrike keuse geplaas. Begelei sy Deon ’n laaste maal terug na die trauma van sy verlede, of moet sy by Frank bly en self agter die kap van die byl van haar man se drinkprobleme probeer kom? In Christine Barkhuizen-le Roux se jongste roman, My naam is Prins, ek slaap met die lig aan, vra die skrywer skreiende, dapper vrae. Wat beteken dit om ’n goeie man te wees? Hoe raak ’n mens ontslae van die verlede? En bowenal, hoe heel jy veertig jaar later die pyn van ’n klein seuntjie genaamd Prins?

1185.57 RUR

/ / похожие

Подробнее

Hanlie Retief Anton Goosen


Ná 40 jaar se rock ’n roll in Afrikaans vertel die legendariese Anton Goosen nou sy volle verhaal, soos neergepen deur die bekroonde joernalis Hanlie Retief.  Die vader van Afrikaanse rock skryf oor sy grootwordjare in die Vrystaat, sukses en roem, sy lewe op die langpad, die Musiek-en-Liriek-era, die hoogtepunte en teleurstellings langs die pad. Aangrypend, eerlik en vol humor: Dit is die lewe van Anton Goosen. ’n Lewe teen die stroom op.

859.54 RUR

/ / похожие

Подробнее

Annatjie van Tonder Sonligdroom


Marcella aanvaar ’n pos as medeleraar op die dorp Skoonstroom in ’n poging om die herinneringe aan ’n pynlike verlede agter te laat. Op Skoonstroom beleef sy andersoortige probleme wat net so knaend aan haar vreet soos die dinge uit haar verlede. Daar is darem ook ligter oomblikke met Ollie van die kerkkantoor en haar medeleraar, Theuns Verwey en sy vrou. Soos Marcella die lief en leed van haar gemeentelede leer ken, word haar droom van ’n lewe vol sonskyn geleidelik ’n realiteit.

666.88 RUR

/ / похожие

Подробнее

Anton Roodt Weerlose meganika


'n Tydjie terug is ’n merkwaardige vonds gemaak: ’n koperplaatfoto wat tydens die Slag van Bloedrivier geneem is . . en dit wys drie engele teen die oggendmis! Die neerdaal van die engele word die hoogtepunt van die jaarlikse gedenkopvoering in Welkom. Maar vanjaar, tydens die kleedrepetisie, word die hoofengel vermoor . . . en die koperplaatfoto het verdwyn! ’n Heerlik aweregse roman, sowel ryke verbeeldingsvlug as skerp satire.

948.45 RUR

/ / похожие

Подробнее

Christine le Roux Die glasappel


Die glasappel is ’n heerlike roman waarin humor en eksentrisiteit sjarmant verweef is, en waarin ons vir ’n verandering na die liefde deur die man se oë kyk. Die suksesvolle argitek Theo Senekal was tot dusver nog nooit sonder ’n mooi meisie aan sy sy nie, maar nou is daar ’n verstrooide meisie wat dink hy is ’n messelaar en wat hom heeltemal deurmekaar maak.

368.47 RUR

/ / похожие

Подробнее

Rouxnette Meiring Kraak


In 2065, na vele natuurrampe, rig geo-ingenieurs 'n virtuele koepel oor Kaapstad op en dit word //Hui !Gaeb. Maar in 2315 begin die krake wys; krake in die koepel, maar ook sypel daar in die ultragereguleerde samelewing van //Hui !Gaeb invloede van die buitewêreld in. Vele inwoners lê in droomhospitale, onverklaarbaar aan die slaap, maar lewend. 'n Groep jongmense besluit om die koepel te verlaat en 'n reis na die noorde van Chinafrika aan te pak op soek na antwoorde.

666.88 RUR

/ / похожие

Подробнее

Barry Hough Vlerkdans (skooluitgawe)


Hannes lewe vir kuns, Anton vir dans. Maar dan vind Anton uit hy het Vigs. In ’n laaste poging om Anton se lewe te vier, probeer Hannes sy vriend in ’n skildery in die middel van ’n hoë sprong vasvang: soos ’n feniks wat verrys uit die as. Vlerkdans is bekroon met ’n Goue Sanlam-prys vir Jeuglektuur en ’n ATKV-kinderboektoekenning (13-15 jaar).
Hierdie skooluitgawe van Vlerkdans is goedgekeur vir die Departement van Basiese Onderwys se Nasionale Katalogus vir die Senior Fase. Addisionele onderrig- en leerstof is bygevoeg: aktiwiteite vir pre- en postlees, vrae volgens kognitiewe vlakke, woordelyste en notas oor die kenmerke van ’n jeugverhaal. Antwoordstelle is verkrygbaar op www.tafelberg.com.

666.88 RUR

/ / похожие

Подробнее

Madré Marais Luistervink


’n Verrassende debuutbundel kortverhale met uiteenlopende stemme en landskappe, en deurgaans ’n genuanseerde blik op die hedendaagse wêreld. Madré Marais breek op ’n onthutsende wyse weg van die bekende.
“Die stories laat my dink aan ’n groot boom: indrukwekkend om na te kyk, maar nog meer opwindend om onder die blaredak die fyn takelwerk van vertakkings te sien wat die boom bóóm maak.” – Riana Scheepers

652.06 RUR

/ / похожие

Подробнее

Theunis Krogh Misverstand op Keurboslaan #9


Wanneer Riek en sy vriende lughawe toe gaan om vir Josef, wat terugkeer van Engeland, te gaan oplaai, loop hulle hulle vas in ’n avontuur. Hulle red twee Britse vlieëniers van ’n oproerige skare. Riek besluit om die twee mans tydelik op hulle plaas in Swaziland weg te steek. Josef daag met ’n vreemde meisie aan sy sy op en kondig aan dat hy kastig aan haar verloof is. Hy wil Amanda intussen ook na die plaas neem. Wat die seuns egter nie weet nie is dat daar politieke onrus in Mosambiek uitgebreek het en dat dit oorgespoel het na Swaziland. ’n Bende Mosambiekse krygers val die plaas aan en ’n spanningsvolle skietgeveg breek uit.

666.88 RUR

/ / похожие

Подробнее

Ena Murray Ena Murray Omnibus 26


In Skaduwees van gister beleef matrone Anmar Cloete ’n krisis wanneer die nuwe superintendent maatreëls instel wat haar pos letterlik oornag oorbodig maak. Boonop word daar ’n nuwe dokter – Clive Coertze, haar gewese verloofde! – aangestel.In Die geleende bruid gaan Charmain na die indrukwekkende landgoed van haar verdwene man, Arnold, net om daar gekonfronteer te word met die feit dat hy pas aan sy jeugvriendin verloof geraak het! En boonop stel Arnold se broer vir Charmaine aan gaste voor as sy vrou, terwyl Arnold self maak of hy haar glad nie ken nie!En in Bruid van die Heerengracht verskyn daar aan die Kaap twee here wat albei daarop aanspraak maak om die enigste ergenaam van die skatryk gestorwe graaf De Brecy te wees. Anne Mie Tredoux verloor haar hart aan Egmont, die man wat volgens alle aanduidings die indringer is…

1037.37 RUR

/ / похожие

Подробнее

Abraham H. de Vries Verbeel jou dis somer


De Vries se nuwe bundel sluit aan by sy ernstiger werk (bv Nag van die Clown, Tot verhaal kom). Hier is sy hooftemas weer die onbegrypbaarheid van dinge en die weemoed van menswees – en dis daardie gevoel van weemoed wat die leser bybly na die lees van hierdie verhale. Die verhale gaan oor gewone mense en is eg menslik, soos die sensitiewe beeld van die ou straatskoonmaker wat sy werk verloor in “Ode aan ’n ou man wie se strate oor hom treur”. In ’n verhaal soos «Winternag»is dit die subtiele uitbeelding van emosionele geweld in ’n verhouding; in “Storm” gaan dit oor tot eksterne geweld. Geweld word in die bundel ’n metafoor vir morele verval, ’n spieëlbeeld van die aftakeling van die mens vanweë die geestelike aanslag in watter vorm ookal. Verhale wat onthutsend én liries is.

1037.37 RUR

/ / похожие

Подробнее
xn--b1aaia3a7d.xn--p1ai — Каталог цен и описаний на компьютерную и бытовую технику, товары для офис и дома, электронику, товаров для сада и дачи. Мы занимаемся поиском лучших цен в интернет магазинах по всей России, знаем где купить Anton F Prinsloo n Dief aan die kers по оптимальной цене в онлайн-магазинах. На нашем сайте xn--b1aaia3a7d.xn--p1ai предоставлена вся необходимая информация для правильной покупки Anton F Prinsloo n Dief aan die kers — фотографии товаров, отзывы пользователей, поиск по модели и производителю, наименованию или модели, инструкции по эксплуатации, а так же экспертные обзоры, сайты предлагающие покупу онлайн с доставкой заказа в ваш город.